My naam is Anna Stevens. Op 25 November 1996 het ek met my man en dogter op die plaas, Olyfberg, gekom. Dit was my en my man se nuwe werk en woning.

Toe ons hier kom toe was daar geen olyfbome nie. Ons het die eerste olyfbome op Olyfberg geplant, ons noem dit nou die ouboord. Ek sê altyd vir almal ek glo die Here het my met ʼn doel na Olyfberg gestuur.Ons het oor die jare saam met die boompies gegroei… As daar die dag ʼn olyfboom moet uitgehaal word uit die boorde uit is die dag wat ek ook die plaas sal moet verlaat, ek sal dit nie kan aanskou nie.

In 2014 is my man oorlede,na agtien jaar se getroue werk en woon op Olyfberg. Ek is nog steeds op Olyfberg met my kinders en klein kinders. Die plek sal ek vir geen ander plek verruil nie. Ons is min mense op Olyfberg, sewe huis gesinne. Ons het goeie verhouding met mekaar, help en ondersteun altyd mekaar.

My rol op die plaas is om seker te maak dat alles mooi skoon bly. Ek help graag waar ek kan met enige ander take, binne my vermoë.

Ek geniet my werk en is doodgelukkig op die plaas. Daar is nêrens anders waar ek myself sal wil bevind nie.

My name is Anna Stevens. On 25 November 1996 I arrived at the farm, Olyfberg, with my daughter and husband. This was our new home and where we would word.

When we arrived, there were no olive trees on Olyfberg. We planted the first olive trees on the farm, an area that we now call “die ouboord”. I tell everyone that I believe that the Lord sent me to Olyfberg with a reason. As the trees grew over the years, so did we… If a single olive tree had to be removed from the olive groves, that would be the day of my departure from Olyfberg. That is a sight that my eyes wont bare to see.

In 2014 my husband passed away, after 18 years of dedicated work and living on the farm. I still find myself living here with my children and grandchildren. I will not exchange this place for any other place. We are few people that live on the farm, but we have a good relationship, help and support each other always.

My role on the farm is to ensure that everything remains clean. I am always willing to with other operations if I can.

I love my job and feel elated to live and work on Olyfberg. There is nowhere else I would rather be.